SPORT ONS SAMESYN
Gholf
Okt - Nov
Gr 1 - 7
Gholf by Banies is 'n individuele sport wat weggesteek is in 'n spansport, jy speel as individu, maar jy word as 'n span verteenwoordig. Gholf is gebaseer op etiket en goeie sportmanskap. By Banies moedig ons soveel leerders as moontlik van gr 1-7 aan om aan die Gholfproewe deel te neem.
Atletiek
Nov - Feb
Gr R - 7
Banies het hulle jaarlikse Top 5 byeenkoms in Oktober waar al die gr R-7 leerlinge deel neem. Die interhuis vind die eerste Vrydag van die jaar plaas. Banies neem deel aan ‘n paar vriendskaplike byeenkomste in November en Januarie voor die Interlaer vroeg in die seisoen. Die atletiek is vir seuns en dogters van 5 tot 13 jarige ouderdom.
Rugby
Feb - Jun
Gr 3 - 7
Banies is ‘n skool met ‘n ryke rugbytradisie en geskiedenis. Ons is baie trots daarop om aan die Super-liga deel te neem waar die sterkste skole van die Oosrand kompeteer. Banies wil graag by elke seun die liefde vir die spel kweek; om leerders se vaardighede en potensiaal te ontwikkel en om goeie sportmangees te ontwikkel by die gr 3-7 spelers.
Rooivalkie
Feb - Jun
Gr R - 2
Rooivalkie rugby is 'n baie goeie grondslag vir rugby en leer die basiese vaardighede van rugby en stel die gr R-2 seuns bloot aan die verskeie rolle wat spelers op 'n rugbyveld speel. Oefening is twee keer 'n week- Dinsdae en Donderdae 18:00-19:00 op ons rugbyvelde. Ons neem deel aan Ekurhulenistreek wedstryde op Saterdae.
Sewes
Sept - Okt
Gr 4 - 6
Sewes Rugby is `n verlenging van die rugbyseisoen. Banies glo dat rugby ‘n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdetyd hulle emosioneel en fisies sterk maak. Om die gr 4-6 seuns maksimaal betrokke te kry en geleentheid te bied om met die bal te speel en om sy individuele vaardighede te ontwikkel.
Netbal
Feb - Jun
Gr 4 - 7
By Banies wil ons elke gr 4-7 dogter se volle potensiaal, fisies en psigies, ontwikkel binne haar vermoë. Ons streef daarna om 'n kultuur te skep waar ons 100% gee en die resultaat kom vanself. Ons wil graag elke dogter leer om kompetisie op 'n gesonde manier te handhaaf en puik in 'n span op te tree.
Mini Netbal
Feb - Jun
Gr R - 3
Mini-netbal is ‘n belangrike bousteen vir netbal. Banies se doelwit is om basiese vaardighede, genot en liefde vir die spel by die gr R-3 dogters te ontwikkel. Ons bied wedstrydgeleenthede aan om alle belangstellendes blootstelling te gee. Daar word geen telling gehou tydens wedstryde nie en posisies word geruil om ʼn verskeidenheid van posisies vir elke deelnemer aan te leer.
Fast 5
Sept - Okt
Gr 4 - 6
Fast 5 Netbal is `n verlenging van die netbalseisoen. Nie net kry die gr 4-6 spelers die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering. Ons neem deel aan verskeie kompetisies en toernooie.
Tennis
Jul - Sept
Gr 1 - 7
Banies poog om soveel moontlik gr 1-7 leerders die geleentheid te bied om Tennis te speel. Alle ligawedstryde word op Maandae gespeel. Die hoeveelheid spanne wat ingeskryf word hang af van die aantal spelers beskikbaar. Tennis is ‘n baie gespesialiseerde sport en om elke leerder die geleentheid te gun om sy/haar volle potensiaal te bereik, word daar van buite afrigting gebruik gemaak.
Landloop
Aug - Okt
Gr 2 - 7
Landloop is `n sportsoort waaraan enige gr 2-7 leerling kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerling leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.`n Landloopatleet leer om op te staan wanneer hy/sy val en sodoende voor te berei vir die wedloop van die lewe wat lei na volwassenheid.
Krieket
Jul - Sept
Gr 3 - 7
Krieket is die perfekte geleentheid om sosiale vaardighede en spanwerk te bevorder terwyl individuele vaardighede ook verbeter word. Dit leer gr 3-7 spelers om te wen en te verloor as ‘n span, asook om individuele prestasies te koester. Alle spelers wat aan die liga wil deelneem moet hulle eie toerusting (insluitende kopskerms) hê. Leerders moet ook hulle eie oefenbal met die regte gewig hê.
Mini Krieket
Jul - Sept
Gr R - 2
Mini-krieket is waar die gr R-2 leerlinge eers die regte vaardighede aanleer bv. Hoe om te kolf, boul en veldwerk te doen. Daarna word spanne gekies (8-9 seuns) waar ons deur die loop van die seisoen wedstryde gedurende die week speel.
Hokkie
Jul - Sept
Gr 4 - 7
Ons poog om die korrekte hokkievaardighede te leer. Gr 4-7 spelers gaan die basiese en gevorderde vaardighede in hokkie aanleer en deelneem aan die Laerskole Hokkie-liga asook ander toernooie. Elke speler moet haar eie hokkiestok, hokkiebal, mondskerm, “shinpads” en lang hokkie-oefenkouse besit.
Mini Hokkie
Jul - Sept
Gr R - 3
Mini-Hokkie fokus meestal op vaardigheid, pret en massa deelname. Ons gr R-3 Mini- Hokkie spanne neem deel aan minihokkietoernooie asook vriendskaplike wedstryde.
Hengel
Jan - Okt
Gr 1 - 7
Banies se doelwit met hengel is hoofsaaklik genot, dus is daar geen verpligting aan die hoeveelheid klub kompetisies waaraan die leerder moet deelneem nie. Beide gr 1-7 seuns en dogters kan hengel beoefen. Hengel leer leerders selfvertroue, geduld en om hulself te motiveer.
Skaak
Jan - Okt
Gr 1 - 7
Banies bied Skaak aan vir seuns en dogters vir alle grade van gr 1-7, wat hul slimmer maak terwyl hul dit geniet. Skaak dra by tot verstandelike ontwikkeling; verbeter sosiale vaardighede; verbeter konsentrasie; verbeter logiese denke en lewensvaardighede. Leerlinge leer om situasies te analiseer en besluite te neem. Dit bevorder logiese redenering en is ‘n toets vir geduld, breinkrag en konsentrasie.