
VISIE
Pioniers vir voortreflike onderrig en opvoeding!
MISSIE
Om binne die raamwerk van ‘n waardegedrewe skool, die volgende na te streef:.

Die behoud en bevordering van die Afrikaanse Etos van die skool.
Deur die onderrig en leerhandeling so uitnemend aan te bied, dat dit sal lei tot die bereiking van die maksimum potensiaal van elke rolspeler.


Die skool doeltreffend te bestuur en bedryf, tot voordeel van die Laerskool Baanbreker gemeenskap wat ons dien.
Om by wyse van doelgerigte skakeling en aktiewe ouerbetrokkenheid, vennootskap tussen gemeenskap, ouerhuis en skool te bevorder.


Stimulering en implimentering van innoverende en kreatiewe denkwyses, ter bevordering van lewenslange leer.
Die daarstelling van ‘n gelukkige kind, ouer en onderwyser deur ‘n akkomoderende en professionele benadering wat spreek van toewyding en wedersydse respek.

Om al die bogenoemde binne die raamwerk van gebalanseerde opvoeding aan te bied.
SKOOLDRAG
Somer

Winter

SKOOLGELDE
2025
- R 20 350 per kind vir die jaar, verdeel in 11 paaiemente:
- Die eerste heffing vir 2025, ten bedrae van R1 850 per leerling, word gehef op 1 Desember van die vorige jaar en vorm deel van die totale jaarlikse skoolgeld soos bo genoem. Let asb. daarop dat hierdie gelde alreeds betaalbaar is, op/ voor 15 Desember 2024.
- Indien u die Desember betaling nie bybring nie, gaan u effektief reeds agterstallig wees die dag as die skool begin.
- Die daaropvolgende maandelikse heffings (Januarie tot Oktober) is vooruitbetaalbaar voor die sewende van elke maand.
- Indien u eenmalig wil betaal voor 28 Februarie 2025, is die bedrag betaalbaar : R 18 500. (U afslag van EEN maand is hierby ingereken.)
- Indien u graag verdere inligting verlang i.v.m. die begroting of skoolgelde, is u welkom om enige van die Beheerliggaamslede of die skoolhoof te kontak.
- Ouers wat dink dat hul moontlik kan kwalifiseer vir skoolgeldafslag of vrystelling, moet asb vroegtydig daarom aansoek doen. Kontak me Griessel vir inligting rondom die prosedures, aansoekvorms en dokumentasie by 011 896 5126.
-
- Fooie vir 2025 beloop R1 000 per maand vir 11 maande. Die eerste betaling moet op/voor die sewende van elke maand geskied.
- L.W. Geen leerling sal by die sentrum toegelaat word indien daar enige gelde uitstaande is nie, ongeag die bedrag.
- Dagbesoekers : Halfdag betaal R100 per dag en voldag betaal R150 per dag.
- Enige Naskoolgelde word ook in die skoolrekening inbetaal met duidelike verwysing.
Direkte inbetaling by die bank/Internetbetaling:
-
- Neem asb kennis dat u gelde direk of by wyse van die internet in die skool se bankrekening kan inbetaal. Daar is egter ‘n paar belangrike reëls om na te kom:
- Geen deposito sal deur die bank aanvaar word sonder deeglike beskrywing op die inbetalingstrokie nie.
- Op die strokie moet die skoolgeldrekeningnommer van die gesin voltooi word: bv. A01 (of wat u skoolgeldrekeningnommer ook al is) by “deposito verwysing” en, in geval van ander betalings, ‘n omskrywing bv. Rugbytoer – Jan Vermaak – Gr 3V.
- Indien u nog nie ‘n skoolgeldrekeningnommer het nie, gebruik asb die kind se naam, van en klas as verwysing bv. Skg Jan Vermaak Gr 3V. (Skoolgeld = Skg)
- NB!! Die depositostrokie moet aan die skool gestuur word (e-pos) vir kontrole doeleindes.
- U kan dit e-pos na finansies@banies.co.za .
- Indien die verwysing nie duidelik is nie, sal die gelde in ‘n afwagrekening geplaas word, totdat bewys gelewer is van deponering en verwysing uitgeklaar is.
- Indien gelde in ‘n bondel inbetaal word, moet ‘n duidelike uiteensetting van die verdeling aan die skool gestuur word (e-pos), anders sal die volle bedrag op die skoolgeldrekening inbetaal word. Betaal asb in die korrekte rekening in.
- Indien u van internetbetaling gebruik sal maak moet duidelike verwysing u betaling vergesel. Maak weereens gebruik van beskrywing soos hierbo uiteengesit.
- Afsonderlike betalings moet asb gemaak word vir Skoolgeld en Naskoolsentrum.

Laerskool Baanbreker Rekening No: 230 750 068 Takkode: 632 005

Laerskool Baanbreker Rekening No: 230 750 068 Takkode: 632 005
KONTANT
-
- Indien u enige gelde in kontant wil betaal, moet u dit persoonlik direk by die finansiële kantoor inbetaal en dit asb nie saam met die kinders stuur nie.
- Plaas die betaling in ‘n koevert en skryf daarop:
- Die kind se naam
- Graad
- Rekeningnommer (waar van toepassing)
- Doel waarvoor die betaling is
- Die bedrag
- Die skool het nie kaartfasiliteite nie.
- Ons verkies egter dat u betalings elektronies sal doen.