ONS WIL –
AKADEMIE ONS VOORKEUR
By Laerskool Baanbreker poog ons om te onthou dat ons skool primêr ’n instansie vir onderrig en leer is. Om hierdie rede bestuur ons die skool op so ’n wyse dat ons seker maak dat elke leerling op akademiese gebied tot sy of haar volle potensiaal sal ontwikkel.
In ons strewe na gehalte onderrig en leer streef ons op akademiese gebied na...
- Konstruktiewe kontaktyd tussen opvoeders en leerlinge.
- Kwaliteitonderrig deur elke opvoeder.
- Effektiewe assessering en verslaggewing van elke leerling se vordering.
- Addisionele hulp vir leerlinge met leerprobleme.
- Die daarstelling van ’n gestruktureerde en ondersteunende leeromgewing.
Verder beywer die skool en personeel hulself, in noue samewerking met die ouergemeenskap en ander belanghebbendes, om die beste moontlike onderwysbedeling vir ons leerders te bied.
Baanbreker erken die belangrikheid van behoeftes van leerlinge gedurende die eerste paar jaar van die skoollewe. Dit verseker die ontwikkeling van elke leerling – ten einde hul sosiale, kognitiewe, kulturele, emosionele en fisiese vaardighede na die beste van hul vermoë te ontwikkel.
Vanaf graad 4 – 7 word die Top 10 leerlinge kwartaalliks aangewys ter aanmoediging van akademiese uitnemendheid.
GRAAD R
Tik om te lees
Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes
(LSEN) VERDUIDELIK
Indien u kind tussen 8 en 11 jaar oud is en u is bekommerd oor u kind se vordering by die skool, of u kind moet 'n graad herhaal, of het reeds 'n graad herhaal, en maak steeds nie vordering nie, kan ONS help.
Laerskool Baanbreker het 'n LSEN-klas wat spesifiek voorsiening maak vir leerders wat sukkel in ‘n hoofstroomskool. Na evaluasie van u kind deur ‘n Opvoedkundige Sielkundige kan 'n aanbeveling gemaak word om by die Onderwysdepartement aansoek te doen vir 'n LSEN-nommer vir MID (“Learners with Mild Intelectual Disability”).
Die LSEN-klas is nie 'n remediërende klas nie, remediërende onderwys is tipies 'n korttermyn-intervensie vir kinders met regstelbare leeruitdagings, wat uiteindelik by hoofstroomonderwys herintegreer sodra hierdie uitdagings oorkom is. Die LSEN-klas is spesifiek daarop ingestel om leerders te help wat deur 'n Opvoedkundige Sielkundige geassesseer is, wat op sy beurt aanbeveel het dat hulle in 'n LSEN-klasomgewing geplaas word waar hulle kan voortgaan om teen hul eie tempo en op 'n vlak waarmee hulle gemaklik is, te leer. Dit sal hulle in staat stel om die vereiste vlak van ontwikkeling te bereik wat hul vordering tot 'n LSEN-hoërskool sal verseker, waar hulle sal voortgaan om die vaardighede te ontwikkel wat hulle in staat sal stel om produktiewe lede van die samelewing te word.
LSEN-leerders en hoërskool
Ouers sal aangemoedig word om by 'n LSEN-hoërskool aansoek te doen sodra hul kinders hoërskoolouderdom bereik en gereed is om te vorder. 'n LSEN-hoërskool bevorder akademiese en vaardigheidsontwikkeling en leerders gradueer uiteindelik met 'n praktiese vaardigheidstel wat pas by hul talente en hul belangstellings. Dit bied geleenthede vir hulle in beroepe wat tegniese kundigheid vereis en sluit bv. in enjinkonstruksie, sweiswerk, baksteenmaak, landbou, kook, naaldwerk, handwerk, haarkappery en kuns.
Hierdie tegniese opleiding is geïnkorporeer in 'n akademiese program wat spesiaal ontwerp is om by die LSEN-leerder te pas. LSEN-gegradueerdes voldoen aan die behoefte in die samelewing aan skaars vaardighede, hulle het oor die algemeen uitstekende vooruitsigte sodra hulle die arbeidsmark betree en hulle lewer 'n waardevolle bydrae tot die ekonomie van ons land.
LSEN-leerders vorm 'n integrale deel van die skoollewe en by Baanbrker gee ons om vir die toekoms van alle jong Suid-Afrikaners. Die LSEN-klas het 'n maksimum van 18 leerders, wat almal die voordeel het dat 'n baie bekwame onderwyser hul vordering lei. Die LSEN-klas integreer ten volle in alle aspekte van die alledaagse skoollewe deur deel te neem aan byeenkomste, koor, sport en kuns, en kulturele aktiwiteite, saam met die res van die skool