ONS KAN –
KULTUUR ONS TROTS
Laerskool Baanbreker Get Your Ticket 22 August 2024 Revue
Individuele redenaars
Jan - Nov
Gr R - 7
Banies bied talle geleenthede vir leerlinge om hul kommunikasievaardighede en selfvertroue te verbeter. Daar is talle geleenthede vir almal om te leer en te groei. Redenaars word aangebied vir die gr R-7 leerlinge. Daar is interne uitdunne, geleenthede by ander skole en buite-kompetisies (bv. Con Spirito). Ouers is self verantwoordelik vir toesprake en die nodige afrigting.
Public Speaking
Jan - Nov
Gr R - 7
Engelse Redenaars verbeter verbale en nieverbale kommunikasievaardighede, ontwikkel leierskapsvermoëns, verhoog selfvertroue en selfbeeld, verbeter kritiese denke en probleemoplossingsvermoëns, en bevorder sosiale verbindings tussen studente.Gr R-7 leerlinge leer om hulself kreatief uit te druk terwyl hulle sosiale verbindings met maats vorm. Die vermoë om effektief te praat is 'n noodsaaklike vaardigheid wat 'n mens lewenslank goed sal dien.
Junior Koor
Jan - Nov
Gr R - 3
Banies wil ‘n lewenslange liefde vir musiek en sang by gr R-3 leerlinge ontwikkel en ook hul leer van deursettingsvermoë, toewyding en om as ‘n span saam te werk. Die koor tree op tydens funksies en neem ook deel aan die ATKV en verskeie ander kompetisies.
Spreekkoor
Jul - Okt
Gr 4 - 7
Gr 4-7 leerlinge wat hou van praat kry die geleentheid om deel te wees van die Spreekkoor. Die Spreekkoor neem deel aan die ATKV-kompetisies en ander geleenthede.
Spelling Bee
Sept - Okt
Gr 2 - 7
Die vermoë om korrek te spel is dwarsdeur ‘n mens se lewe ‘n baie belangrike basiese vaardigheid. Wanneer dit kom by spelling, is daar nie ruimte vir kreatiwiteit nie. Slegs een volgorde of lettergroepering kan as korrek aanvaar word. Banies gee die geleentheid vir gr 2-7 leerlinge om deel te neem aan hierdie kompetisie en hul woordeskat te verbeter. Dit verdiep hul begrip van die taal, wat lei tot uitgebreide woordeskat en verbeterde spelvaardighede.
WOW
Sept - Okt
Gr R - 7
Words open Worlds – Gr R-7 deelnemers ontvang ‘n tyd waartydens hulle hulle toespraak mag voorberei (saam 1 ouer) en dan voor beoordelaars te lewer. Dit help kinders om nie net hul sê te sê tydens ‘n onvoorbereide toespraak nie, maar ook in die alledaagse lewe. Toesprake uitdink en skryf is ‘n kuns, en om die struktuur onder die knie te kry, gee kinders die selfvertroue om ook hul gedagtes te orden om opstelle te skryf. Dit gee weer hul Afrikaanse en Engelse punte ‘n hupstoot. Dit help ook met memorisering en konsentrasie wanneer jy moet leer vir toetse en eksamens. Dit help ook om kinders se algemene kennis en leesvermoë te bevorder.
Revue
Banies spog elke jaar met ‘n puik Revue produksie wat musiek en dans kombineer. Gr 4-7 leerlinge kry die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel, te leer van toewyding, deursettingsvermoë en om as ‘n span saam te werk. Daar word aan verskeie kompetisies deel geneem.
Kunswedstryd
Die kunswedstryde bied vir die leerders ’n geleentheid om in verskeie kulturele gebiede te presteer en te groei. Die leerders het ’n geleentheid om teen leerders in ander skole deel te neem, hetsy aanlyn of in persoon. Kunswedstryde stel die gr R-7 leerlinge in staat om hulle vlerke te sprei. Van voordrag en sang tot teken en skryf, word daar ’n geleentheid vir elke leerling gebied om hulle kreatiewe kant te wys. Hul kan deel neem aan Instrumentaal; Kuns; Skryfkuns; Voordrag; Drama; Lees, Vokaal en nog baie meer.
Voortrekkers
Toegewyde gemeenskap van avontuurlustige gr R-7 leerlinge en volwassenes. Hier word leerlinge ‘n unieke geleentheid gebied om avontuur te ervaar, nuwe vaardighede aan te leer en ‘n lewenslange liefde vir die natuur te ontwikkel. Spanne kom saam op Maandae en neem deel aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite en uitstappies.
Leesklub
Jan - Nov
Gr R - 2
Kom geniet die wonderwêreld van stories. Alle gr R-2 leerlinge is welkom om twee keer ‘n week in te skakel by die Leesklub. Banies wil ‘n liefde kweek vir lees by almal. Lees prikkel die verbeelding; help die leerling om te ontvlug na nuwe wêrelde en ontwikkel nuwe woordeskat. Storietyd = Leer + Pret
VCSV
Jan - Nov
Gr R - 7
Banies bied ‘n geleentheid aan vir gr R-7 leerlinge in die skool om in te skakel by ‘n groep wat meer wil leer van die Here. Die leerlinge kom elke Maandag 2de pouse bymekaar in graad / groepverband.