Welkom by die Laerskool Baanbreker Webblad

Die punt is nie om alles dadelik reg te kry nie. Die punt is om jou begrip en bekwaamheid stap vir stap te laat groei.Moenie bang wees om stadig te groei nie, wees net bang om te stagneer.

Laerskool Baanbreker se tema vir 2023 is GROEI. Hoe lyk die lewe van ‘n Banie wat altyd wil groei?  Jy is beslis 'n harde werker, wat jou bes doen. Jy het 'n positiewe houding teenoor jou werk, meerderes en minderes. Jy is vriendelik en ondersteunend.

Dit is elke Banie se visie om te groei, ‘n voorbeeld te wees wat navolgenswaardig is, sodat ons een familie kan wees vir mekaar.  

In 1 Tes 3:12 staan daar: "Mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak". 

Mag 2023 ‘n wonderlike jaar wees van groei.

Banie Waardes

Veilig

Ek is verantwoordelik vir my eie
en my maats se veiligheid.
Eerlik

My woord is my eer.
Ek is eerlik teenoor my ouers, maats en personeel.
Ek is eerlik in my skoolwerk.
Ek erken my foute en leer daaruit.
Verdraagsaam

Ek is geduldig.
Ek dink eers en kies my woorde goed
voordat ek praat of iets doen.
Ek vergewe as iemand 'n fout
gemaak het teenoor my.
Respek

Ek het respek vir myself en vir ander.
Ek het respek vir my omgewing en my skool.
Ek het respek vir ander se besittings.
Ek praat opbouend en mooi met en van mense.
Verantwoordelik

Ek doen my plig.
Ek dink oor die gevolge van my dade.
Ek neem volle verantwoordelikheid vir
my optrede, dade en woorde.
Ek pas my besittings mooi op.
Ek skryf my huiswerk af wanneer dit gegee word.
Samewerking

Ek werk graag saam met ander.
Ek help ander.
Ek gee my beste.
Ek kom skool- en klasreëls na.
Betroubaar

Ek is betroubaar in my werk.
Ek is betroubaar in wat ek sê.
Ek is betroubaar in my optrede.
Ek doen altyd die regte ding.
Trots

Ek is trots op wie ek is.
Ek is trots op hoe ek lyk.
Ek doen my werk met trots.
My skool is my trots.
Deernis

Ek gee om vir my maats, ouers en personeel.
Ek gee om vir ander en help waar ek kan.
Ek troos iemand wat sleg voel.
Ek gee om vir ander, al is ons verskillend.
Tuisblad | Akademie | Aktiwiteite | Skoolinligting | Kontak Ons

© Kopiereg Laerskool Baanbreker. Alle regte voorbehou. Webblad ontwerp en gehuisves deur LIT Creations. U is besoeker nommer: 218422