'n Ligtoring is 'n hoë struktuur, wat
lig uitstraal en dien as navigasie-hulpmiddel vir skepe ter see.
Laerskool Baanbreker se tema vir 2022 is Ligtorings. Hoe lyk die lewe van ‘n Banie-lig wat helder skyn? Jy is beslis 'n harde werker, wat jou bes doen. Jy het 'n positiewe houding teenoor jou werk, meerderes en minderes. Jy is vriendelik en ondersteunend.
Dit is elke Banie se visie om soos ‘n ligtoring te skyn, ‘n voorbeeld te wees wat navolgenswaardig is, sodat ons as een familie lig kan wees vir mekaar. Lukas 8:16 sê juis: “En niemand steek ‘n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie, maar hy sit dit op ‘n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.”
Mag 2022 ‘n wonderlike jaar wees met elkeen se lig wat helder sal skyn, sodat elke Banie koersvas sal beweeg om die
hawe te bereik!